Posted in Good Food, Recipe

Dimpelbrood

Ek is mal vir die naam wat Huiskok aan die broodjie gee, dit rol so lekker van die tong af en het daarom besluit om dit te reblog. En as jy opsoek is na dukkas om op jou brood te sit, Taste Café verkoop ‘n verskeidenheid van dukkas, ons geure sluit in: Biltong Dukka, Olyf Dukka, Chili Dukka, Geroosterde Knoffel Dukka en as ons pistasieneute aan die hande kan kry, maak ons ook ‘n pikante Pistachio Dukka. Dan praat ek nie eens van ons heerlike Olyf Tapenade wat ook te heerlik sal gaan saam met die Dimpelbrood. En ja, ons kan gerus meer brood bak, dis eintlik maklik en nie so erg om bietjie te knie nie! Goeie oefening daarby ook.

huiskok

Brood bly  ‘n wonderwerk –  gebou op graan, gis, water en tyd.

Of dit nou die plaasbrode en soetsuurdeegbrode uit ons eie koskultuur is, of brode soos baguette, focaccia of ciabatta waarvoor ons lief geraak het, is daar ‘n geestesband met brood wat dieper gaan as net om ons honger te stil.

foccacia blokkie uit

Vars gebakte brood bly steeds sekerlik een van die maklikste, en mees ekonomiese maniere om ‘n aardse genoegdoening aan die dag te gee. Dis jammer dat die idee van deeg knie mense afskrik van hul eie brood bak. Daarom hierdie heerlike broodresep vir dimpelbrood wat nie geknie word nie.

Dimpelbrood is natuurlik nie die amptelike naam vir foccaccia, die platbrood met sy kenmerkende holtetjies nie.  Die dimpels wat met die vingerpunte in die deeg gedruk word, lok my uit om dit te vul met geurmiddels, van groen olywe tot okkerneute.

foccacia vol

DIMPELBROOD

 Ek het ‘n lekker broodresep gesoek…

View original post 557 more words